POMP BASIS / POMP RAME

Ons vervaardig 'n pomp basis van enige grootte volgens die pomp vervaardiger spesifikasies 0 tot 22 kW tot 160kw. Al die basisse word volgens die hoogste gehalte en spesifikasies vervaardig en word voorsien van 'n koppelingsbeskerming (gaurd). Ons kan ook 'n stelsel ontwerp volgens u behoeftes. Ons kan ook die pompe en motors voorsien. Ons lewer gewoonlik Grundfos-pompe en WEG-motors. Ons kan ook die meeste ander gewilde pompe en motors op aanvraag lewer. 

Die R&A Basis is ook beskikbaar in verskeie groottes vir verskillende toepassings. R & A basisse is ontwerp vir individuele pomp en motor kombinasies met slegs een stel gate. Die R & A basis is gebou volgens die behoeftes van die kliënt en ʼn presisiebelyn word dan in die werkswinkel gedoen en 'n voorafbelyningsertifikaat word dan uit gereik. Alhoewel 'n presisiebelyning in die werkswinkel gedoen is, is dit noodsaaklik dat 'n finale inlynstelling / kontrole gedoen word na die installering van die eenheid. Alle lasse word met behulp van die metaal inert gas (MIG) met argon gas gesweis. 


I BUILT MY SITE FOR FREE USING